Vanjaar se Liggiefees wink vir Drakenstein-inwoners.Foto: Jaco van Wyk

Credit: SYSTEM

Ten spyte van die voortslepende beurtkrag vind vanjaar se Liggiefees oor die hele Drakenstein-vallei plaas.

Om vanjaar se fees ten spyte van beurtkrag aan te bied, het die munisipaliteit ’n reuse-kragopwekker voorsien om die ligte aan te hou en die partytjies te laat voortgaan.

Die munisipaliteit was aanvanklik van plan om ’n rotasie van die Liggiefees-lokale in werking te stel, maar weens die groot aanvraag na dié gewilde fees sal die fees weer in die Paarl, Wellington, Saron en Gouda plaasvind.

Die Liggiefees begin op 1 Desember in Wellington. Nie net sal die Kersliggies aangeskakel word nie, maar feesgangers kan uitsien na kunsvertonings, musiekkonserte en kosstalletjies.

Die feesvieringe sal op die volgende datums in hierdie verskillende dorpe plaasvind:

. Wellington – Vrydag, 1 Desember

. Paarl – Saterdag, 2 Desember

. Gouda – Sondag, 3 Desember

. Saron – Vrydag, 8 Desember

Al die feeste in die verskeie dorpe begin om 19:00.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article