Dr. Arnold van Dyk, ’n medikus en ook navorser en kenner van die Anglo-Boereoorlog, het onlangs die sewende Paul de Villiers-gedenklesing oor die onderwerp “Die Kaapse rebelle-offisiere tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902 met spesiale verwysing na die Paarlse De Villiers’e” – voor lede en 60 belangstellendes van die Anglo Boere-Oorlog-monument, geleë op die Laborie-wynlandgoed, in die Toringkerksaal gehou. Met hierdie boeiende lesing het hy die veldtogte van agt Kaapse rebelle-offisiere met interessante ondersteunende foto’s uitgelig. Bo is hy tweede van links by lede van die Trusteeraad, prof. Dorothea van Zyl (beskermvrou), dr. Carel Stander (voorsitter), Albert Eksteen en Andries Domburg.


Sewende gedenklesing belig Boereoorlog

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article