Hillcrest United-rugbyklub het sy beste spelers aan die einde van ’n suksesvolle rugbyseisoen tydens sy jaarlikse prysuitdeling in die Wellington-stadsaal vereer.
Die tema vir vanjaar se geselligheid was Denim & Diamonds en die spelers én toeskouers het spoggerig uitgevat by hierdie geleentheid opgedaag.
Onder die eregaste was die gasspreker vir die aand, Nicolene Martin, Southern Stings-netbal se hoofafrigter.
Die volgende spelers was die groot wenners vir die aand:
Derde span: Beste voorspeler – Arnold George; Beste agterspeler – Landon De Lora. Tweede span: Beste voorspeler – Wezel Zealand; Beste agterspeler – Kieran Dreyden. Eerste span: Beste voorspeler – Carlon Carolissen; Beste agterspeler – Gilton Mangena.
Die groot wenner vir die aand was weer eens Mangena. Vanjaar het hy weggestap met drie van die sewe hoof-pryse asook die toekenning vir top-driedrukker in die klub, met 17 drieë vir die seisoen op sy naam.
Die wenners van die hoof-toekennings op die aand was Conroy Eiman – Mees lojale en toegewyde speleer; Ruben Daniels – Hillies 7’s-Speler van die Jaar; Burton Booysen – Meeste punte in die klub; Gilton Mangena – Spelers se Speler van die Jaar. Mangena deel die Ondersteuners- Speler van die Jaar-prys met Keanu Gertse. Carlon Carolissen is aangewys as Speler van die Jaar en Gilton Mangena as Sportman van die Jaar. Hy het vanjaar ook die tradisionele Sportman-baadjie ontvang.





