Die einde van 2023 het amper aangebreek en 2024 loer suutjies om die hoekie, self afwagtend van wat die jaar sal inhou.

Vir baie Drakenstein-inwoners was die huidige jaar triomfantlik en leersaam, maar vir ander weer dikwels uitdagend.

Wat sal 2024 inhou?

Dit is die groot vraag wat in almal se koppe maal, met spesifieke klem op die ekonomiese en politieke stand van sake.

Die jaar sal op ’n effense hoë noot begin met brandstofpryse wat weer eens sal daal, maar buiten dit broei verskeie onsekerhede nog onder Suid-Afrikaners.

Die nasionale verkiesing vind in Mei plaas, dus is lamppale vol plakkate en betogings en beloftes van politieke partye in die aanloop na die verkiesing is ons voorland.

Dit blyk landwyd ’n interessante verkiesing te wees, veral noudat oud-pres. Jacob Zuma onlangs aangekondig het hy sal nie vir die ANC stem nie, en ANC-stemme as ’n geheel in KwaZulu-Natal val.

Die belangrikheid om te registreer om te stem en om op die ou einde jou kruisie te trek, kan nie genoeg beklemtoon word nie – veral nie as die huidige politieke klimaat kommerwekkend is en ons deur te stem die krag het om dit te verander nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article