Sedert Desember het die kwik erg gestyg in die Drakenstein-vallei en hierdie weersomstandighede sal waarskynlik voortduur tot Maart. Dus soek almal ’n bietjie verligting vanuit die versengende hitte. Hier baljaar kinders vandeesweek by die Paarl-swembad. Foto: Ernest Kilowan

Credit: SYSTEM

’n 13-jarige seun is dood nadat hy op 29 Januarie verdrink het in die munisipale Pentzstraat-swembad in Wellington.

Die omstandighede van die verdrinking is steeds onbekend, maar gereelde besoekers aan die Pentzstraat-swembad sê daar is nie genoegsame toegangsbeheer by die swembad nie en mense ruk handuit in die water.

Die Drakenstein-munisipaliteit ontken egter gerugte dat die Pentzstraat-swembad tot oorlopens toe vol was op die dag van die voorval.

Volgens hulle was op dié spesifieke dag 247 besoekers by die swembad, terwyl die kapasiteit van Pentzstraat-swembad normaalweg 450 is.

Intussen is die maksimum toegelate getalle by alle munisipale swembaddens as volg verminder:

• Pentzstraat: Maksimum 190 swemmers

• Weltevrede: Maksimum 250 swemmers

• Faurestraat: Maksimum 200 swemmers

• Mbekweni: Maksimum 200 swemmers

• Drakenstein: Maksimum 400 swemmers

Meer wetstoepassers is ook by die onderskeie swembaddens teenwoordig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article