’n Man is met bedreigde skerpioene vasgetrek.

Credit: SYSTEM

’n Koreaanse burger is vandeesweek by die Hugenotetonnel in besit van 16 bedreigde skerpioene in hegtenis geneem.

’n Polisietaakmag het inligting oor dié onwettige bedrywigheid ontvang, die inligting opgevolg en die Koreaan vasgetrek en in hegtenis geneem.

Die skerpioene is in sy besit gevind.

Die man word by die Paarl-polisiekantoor aangehou en sal op 22 Februarie in die Paarl-streekhof verskyn.

Die smokkel van bedreigde spesies van veral die eko-sensitiewe Noord-Kaap bly ’n jare lange probleem.

Suid-Afrika worstel met die onwettige uitvoer van bedreigde spesies soos die ietermagog, spinnekoppe en slange, asook vetplante en dies meer.

Dit word na die Ooste uitgevoer om as medisyne gebruik te word. Selfs groot Chinese farmaseutiese maatskap­pye gebruik dit in hul medisyne. Gevolglik is dit ’n besonders winsgewende bedryf – tot nadeel van die Suid-Afrikaanse natuur.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article