’n Skermgreep van ’n video wat wys hoe die minderjarige se hande met kabels vasgebind is aan ’n staal voorwerp waar hy dan geskok word.Skermgrepe:Quintonn van Rooyen/ Groenheuwel/Smartietown Nuusblad/sportblad/ Facebook

Credit: SYSTEM

WAARSKUWING: Die inhoud van die berig kan sommige lesers ontstel.

Drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ’n negejarige seun in Klapmuts aangerand en ontvoer het, het op 8 Februarie in die Paarl-landdroshof verskyn.

Justin Limco (21), Nathan Nuuvenhuis (24), en Zane Marthinus (34) word elk deur vier aanklagte in die gesig gestaar, naamlik ontvoering, poging tot moord deur middel van elektriese skok, poging tot moord deur middel van verdrinking, en poging tot moord deur middel van aanranding.

jj

Nathan Nuuvenhuis (24). Foto: Nathan Nuuvenhuis/ Facebook

Dít is volgens 8 Februarie se hofverrigtinge bekendgemaak.

Die voorval, wat op video vasgevang is, spruit uit ’n onderonsie tussen die drie mans en die minderjarige, waar hulle hom daarvan beskuldig dat hy glo R600 by hulle gesteel het.

Volgens kol. André Traut, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse polisiediens, het die voorval op 27 Januarie plaasgevind. Die hof het egter aangevoer die voorval het op 25 Januarie plaasgevind.

Volgens die seun se ma het sy eers twee dae later van die voorval gehoor en daarna op 28 Januarie ’n klagte die by Klapmuts-polisiekantoor aangemeld.

Sy het verduidelik haar seun het niks oor die video gesê nie – “seker uit vrees” – en dat sy daarvan gehoor het toe iemand wat glo tydens die voorval teenwoordig was, haar vertel het.

In ’n video, wat soos ’n veldbrand op sosiale media versprei het en intussen verwyder is, kan gesien word hoe drie mans die minderjarige deur middel van oorleikabels skok.

Die video dokumenteer hoe die seun se hande aan ’n staalsaag met plastiek-kabelbinders vasgebind is en daarna met oorleikabels aan ’n Volkswagen Golf se battery verbind is.

Daarna word water oor die staalsaag gegooi, waarna die oorleikabels aan die saag vasgeknip word sodat die seun skok.

Die marteling duur dan voort toe die seun met ’n gordel geslaan word.

Daarna gooi die seun se aanranders hom kop-eerste in ’n munisipale drom en probeer hom versmoor nadat hulle die drom se deksel toegemaak het.

Hierna word die minderjarige in ’n munisipale drom forseer waar die deksel toegemaak word.

Die video eindig waar die drie misdadigers ’n waterpyp in die drom druk met die doel om die seun te verdrink.

Nadat hy in die drom toegemaak was, was daar ’n tuinslang ingeprop wat water in die vullisdrom gespuit het.

Regdeur die video kan gesien word hoe die seun huil en smeek om sy lewe, terwyl omstanders lag.

Volgens die seun se familie ly hy aan skok en sukkel om die voorval te verwerk.

Die familie en oortreders woon in dieselfde straat in Klapmuts en is bure van mekaar.

Volgens Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, is die saak tot 22 Februarie vir ’n streekhofdatum uitgestel. Die drie beskuldigdes het hul borgtogaansoek laat vaar en sal aangehou word, vermoedelik by Allandale Korrektiewe Dienste.

Die seun en sy familie se name word weerhou omdat hy minderjarig is.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article