Madison Lambrechts, ’n gr. 4-leerder aan die Laerskool Courtrai, is gekies om aan die Statebond–skaakkampioenskap deel te neem. Sy het die “invited player rights” vir die junior span vir die Statebond-ope ontvang. Dit vind van 18 tot 28 Februarie in Maleisië plaas. Madison is genooi as die hoofspeler vir die o. 10-span. Tans verteenwoordig sy die Wynlandspan (skole) en die WP-span (klub). Die skool is baie trots op haar.


Madison die hoofspeler

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article