Paarl is sekerlik die grootste dorp in die Kaapse-wynland, maar hoekom is ons nog so agtergeblewe as dit by wyntoerisme kom?
Byvoorbeeld, met die parsseisoen in volle gang nou, herinner dit my aan die destydse Wingerdfees in Faurestraat en toe later die Nouveaufees op Paarlberg.
Ons het so ’n wonderlike kultuur van wyn, maar het duidelik ’n agterstand in die bemarking van ons dorp vergeleke met Stellenbosch, Franschhoek en selfs Robertson en Montagu.




