Besoek vanjaar weer die kykNET-buite-ekspo buite Malmesbury.


Die kykNET-buite-ekspo vind die naweek van 8 tot 10 Maart op die plaas Môreson net buite Malmesbury plaas.

Die ekspo beloof om weer iets vir almal te bied. Die fokus is op die talle buitelewe-uitstallers wat van die jongste produkte in die buitelewe-, kampeer- en 4×4-mark tans beskikbaar het.

Mahindra Claremont borg veldren-ervarings en ook Maniac 4×4, waar die publiek gratis saam met ervare bestuurders kan ry en sien waartoe dié ongelooflike voertuie in staat is.

Daar sal weer ’n lekker braai met ’n twist-kompetisie aangebied word saam met Jimmy’s Sauces en kykNET-akteurs – en moenie vergeet van die Hankook kunstenaars wat gaan optree nie. Kom ry ook gratis saam die immergewilde “Mnr 4×4” – André de Villiers van André 4×4 en aanbieder van 4×4 met André op kykNET. Hierdie ervaring in verskillende Mahindra-voertuie word deur Mahindra Claremont geborg.

Vir die dames sal daar ’n Fines 4 U kuns- en snuffelmark wees waar ’n groot verskeidenheid van gehalte-produkte beskikbaar sal wees.

Lollos verras weer die kinders Sondagoggend met een van hul treffer-vertonings.

Kampering op die Môreson-plaas kan bespreek word by admin@moresonmalmesbury.co.za en toegeruste glamping-tente by admin@you2camp.com

Dagbesoeker-kaartjies is beskikbaar deur TicketPro by ekspo.co.za en ook by die hekke gedurende die ekspo. Pryse wissel tussen R30 vir kinders tot R100 vir volwassenes, afhangend van die dag. Naweekpakette is ook beskikbaar.

. Stuur ’ne-pos-skrywe aan Tersia by accounts@ekspo.co.za met navrae en besoek ook die webwerf www.ekspo.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article