Die wrak waarin drie mense Vrydagaand op die N1 naby die Klapmuts-afrit gesterf het.Foto: Verskaf


Drie mense is Vrydagaand (2 Februarie) dood toe die motor waarin hulle gery het, die agterkant van ’n vragmotor op die N1 naby die Klapmuts-afrit getref het.

Volgens ’n betroubare bron het die botsing omstreeks 18:40 gebeur en is net die twee voertuie betrokke. Die Toyota Corolla waarin die drie oorledenes gery het, het glo van agter die vragmotor gekom en teen die agterkant daarvan gebots het die vragmotor bestuurder aan die polisie verduidelik, sê kapt Jacobus Moos, Klapmuts-polisie se bevelvoerder.

Die bestuurder van die vragmotor het geen beserings opgedoen nie. Die Klapmuts-polisie, provinsiale verkeersbeamptes, ambulansdienste asook die brandweer was vinnig op die toneel. Daar is geen sprake dat ’n kriminele klag geopen is teen die vragmotor bestuurder nie..Three people died on Friday evening when the car they were driving in hit the back of a truck on the N1.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article