Ai, die gesanik van mense in die afgelope klomp Paarl Posts! Mense, ongelukkig vir julle gaan ontwikkeling gebeur in ons dorpe, want dinge loop reg.

Ons vullis word verwyder en die strate gevee, riool loop nie in die straat nie, die water is skoon en drinkbaar, die paaie se slaggate word herstel, elektrisiteitsgebreke word herstel en straatligte brand, die gras word gesny, daar is goeie sportgeriewe, goeie skole, infrastruktuur vir die toekoms voorsien – sal ek aangaan?

Die mense wil “semigreer” na die Wes-Kaap en Drakenstein, want in die res van die land val alles uitmekaar! Ontwikkeling gebeur ook in George, Mosselbaai, Stellenbosch, Kaapstad en die Weskus.

So, as die bietjie spitsverkeer vir jou dan te veel word en jy voel verdruk deur mense, is jy vry om na die noorde te trek, maar onthou net om vir jou ’n 4×4 aan te skaf vir al die slaggate daar (en sommer ook ’n waterfiltreringstelsel). Koebaai!


D. du Toit,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article