Internasionale Kinderkankerdag word jaarliks op 15 Februarie herdenk en Cupcakes of Hope (CoH) beoog om R500 000 in te samel om die lewe van jong kankerpasiënte wat finansiële bystand vir hul mediese sorg benodig, te vergemaklik.
CoH nooi Suid-Afrikaners om by te dra tot hierdie doelwit en om hoop te gee vir ’n beter toekoms vir jong kankerlyers deur ’n Party van Hoop aan te bied of te ondersteun.
Jy kan ’n mini-kolwyntjie-uitverkoping by jou werkplek, by jou kind se skool of tydens speelafsprake hou of selfs met vriende naweekbyeenkomste reël.
Die konsep van ’n Partytjie van Hoop het in 2014 ontstaan toe Sandy Cipriano, CoH-stigter, en haar span hul visie uitgebrei het. Hul aanvanklike September-geldinsameling vir Internasionale Kinderkanker-bewusmakingsmaand, sluit nou ook Nasionale Kolwyntjiedag in.
“Met die groeiende behoefte aan mediese hulpbronne het ons besluit om skenkings deur die jaar aan te moedig,” verduidelik Cipriano.
“Ons het mense aangemoedig om kolwyntjies te bak, dit op unieke maniere te verkoop en die opbrengs te skenk. Die reaksie en bereidwilligheid om by ons missie aan te sluit was oorweldigend.”
CoH maak direk maandelikse, en soms weeklikse, betalings aan die mediese verskaffers van kankerpasiënte. Daarbenewens lewer vrywilligers sorgpakkette aan pasiënte wat in die hospitaal is. Die geld dek ’n reeks behoeftes – van goed soos rolstoele tot kritieke operasies – wat die fisieke, emosionele en mediese behoeftes van pasiënte aanspreek.
Danksy die deurlopende Partytjies van Hoop wat deur die jaar aangebied is, het hulle ’n bykomende R1 miljoen vir kinders met kanker ingesamel.
Oor die afgelope drie jaar het die gemiddelde aantal pasiënte wat maandeliks deur CoH bygestaan word, van 100 tot 230 gegroei. Die vraag in 2024 sal na verwagting selfs hoër wees.
Registreer voor 29 Februarie as bakker op die webwerf Cupcakesofhope.org om ’n Partytjie van Hoop aan te bied. Verbind jou om 24 of 48 (of meer) kolwyntjies te bak, organiseer jou uitverkoping, bak, samel geld in, en skenk aan CoH. Hul Cupcake Angels sal al die nodige besonderhede vir jou skenking verskaf. Ondernemings wat belangstel in groter betrokkenheid kan ’n e-pos te stuur na bake@cupcakesofhope.org. ’n Angel pack kan ook van die webwerf bestel word, wat bewusmakingspamflette, ’n #Bake4cancer-voorskoot, ballonne en bakbekers bevat. Internasionale Kinderkankerdag is die ideale geleentheid om betrokke te raak by ondersteunende aktiwiteite. Besoek Cupcakesofhope.org/donate om ’n skenking te maak





