Die Wellington-polisie is op soek na vier verdagtes wat die afgelope naweek by ’n motorkaping betrokke was.

Volgens AO Nceba Vanqa, ’n woordvoerder van die Wynland-polisie, het die bestuurder van ’n Volkswagen Polo Classic Saterdag (24 Februarie) omstreeks 22:28 op die R45 naby die Nieuwedrift-kliniek stilgehou sodat sy passasier kon water afslaan.

“ ’n Grys Mercedes-Benz met ’n CEY-registrasie met vier onbekende mans in die kar het by hulle stilgehou.

“Twee van die mans het uit die Mercedes-Benz geklim en die eienaar van die Polo met ’n vuurwapen gedreig om uit sy voertuig te klim.

“Die twee mans het toe in die kar geklim en sonder toestemming weggejaag.”

Die verdagtes is in die proses ook met ’n selfoon en ’n beursie weg. Vanqa het bevestig dat die slagoffer ’n inwoner van Wellington is.

Geen arrestasies is gemaak nie.

. Kontak die Wellington-polisie by 021 864 8440 met enige inligting wat speurders kan help om die voertuig en verdagtes op te spoor.

. The Wellington police are looking for four suspects who were involved in a carjacking last weekend.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article