John Woest (links) en JT Basson, vrugteboere van die Paarl, wat tereg staan op aanklagte van onder meer moord, het die afgelope Vrydag (15 Maart) in die Kaapse hooggeregshof in ’n voorverhoor verskyn, maar is meegedeel die staat het steeds nie ’n regter vir die verhoor aangestel nie. Dus is die saak nog ’n keer, tot 7 Junie, uitgestel. Beide die staat en die beskuldigdes het aangedui dat hulle gereed is vir die verhoor om te begin. “Basson staan tereg op aanklagte van aanranding, die rig van ’n vuurwapen, poging tot moord en moord, terwyl Woest van poging tot moord en moord aangekla word,” volgens Netwerk24. Woest en Basson het in 2021 ’n vermeende dief wat glo vrugte op hul plaas gesteel het, na bewering vermoor. Foto: Jaco Marais


Saak van twee Paarlse vrugteboere weer uitgestel

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article