Elvito Dindal (10) van Smartie Town in Groenheuwel in Paarl-Oos is 16 Maart ter ruste gelê en gegroet deur sy familie, die Groenheuwel Primêre Skool waar hy ’n leerder was, asook die breër Groenheuwel-gemeenskap. Elvito is 3 Maart op die Mountain Ridge-bouterrein dood toe hy onder sand vasgeval en versmoor het. Hy en sy jonger broer, Char-miel (5), en hul vriend AJ Arendse (8) het op die bouterrein gaan speel. Volgens ’n vorige berig van die Paarl Post het die sibbe en hul vriend blykbaar in ’n gat in klei-agtige grond op die perseel gespeel en ’n stok gebruik om ’n “tonnel” deur die grond te probeer oopgrawe. Die grond het toe inmekaar getuimel en Elvito, Char-miel en Arendse onder ’n hoop klei-sand in die gat vasgevang. Char-miel kon danksy Arendse se hulp ontsnap en het toe ’n verbyganger oor die voorval ingelig. Foto: Verskaf


Elvito Dindal (10) deur die gemeenskap van Groenheuwel gegroet

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article