Kan jy die mooiste Taalmonument-kenteken ontwerp ter viering van sy 50ste bestaansjaar in 2025?


Die argitek van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl, Jan van Wijk, sou vandag, 2 Mei, 98 jaar oud geword het. Ter ere van hom en omdat die instelling in 2025 met 50 lewensjare pronk, versoek die ATM ’n oorspronklike kenteken-ontwerp waarvoor R10 000 danksy die Historium Trust op die spel is as deel van volgende jaar se luisterryke viering.

Enigiemand – hetsy ’n groep vriende, familie, kollegas of individue – kan deelneem. Soos Afrikaans self, is die monument ten nouste gewortel in die Afrika-vasteland, dus mag die inheemse kreatiwiteit vloei. Die sperdatum is 31 Mei.. Besoek taalmonument.co.za vir alle vereistes, bepalings en voorwaardes, asook om meer oor die simboliek, geskiedenis en missie van die monument uit te vind.

Die Historium Trust is die voortsetting van die Afrikaanse Taalmonumentkomitee wat in 1942 in die lewe geroep is om die moontlikheid van ’n monument te ondersoek en sedertdien die ATM finansieel bystaan deur onder meer pryse vir Afrikaanse projekte te borg.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article