Die vonnisoplegging van die reeksmoordenaar en -verkragter Johan Williams van Wellington sloer steeds en is uitgestel tot 18 Junie sodat Regshulp SA Williams se jongste aansoek kan oorweeg. Williams het die afgelope Maandag (6 Mei) in die Kaapse Hooggeregshof verskyn. Regter Rosheni Allie het Williams in Februarie vanjaar skuldig bevind aan drie moorde, vier verkragtings, drie aanklagte van poging tot verkragting, ses aanklagte van ontvoering, huisbraak, aanranding met die doel om ernstig te beseer, brandstigting en die oortreding van ’n beskermingsbevel, berig Netwerk24. Williams het vroeër vanjaar sy prokureur van Regshulp SA afgedank en aansoek gedoen vir ander regsverteenwoordiging, waarna die aansoek afgekeur is. In April het hy teen die bevinding by die provinsiale kantoor van Regshulp SA geappelleer, en tydens Maandag (6 Mei) se hofverskyning het die hof gehoor dat die provinsiale kantoor ook dié appèl van die hand gewys het. Williams wend hom nou na die nasionale kantoor van Regshulp SA om die aansoek om appèl verder teen te staan.Foto: Jaco Marais


Reeksmoordenaar speel kat en muis met hof; saak uitgestel

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article