Die internasionaal gerekende kondisioneringsafrigter Paddy Upton het by Hugenote Hoërskool in Wellington met ouers, onderwysers en afrigters gesels oor hoe hulle verwagtinge en druk op leerders positief kan hanteer, en hoe om redelike verwagtinge oor ontluikende sportloopbane ten beste te bestuur. Hy het onder meer uitgewys hoe belangrik sportbeoefening is vir ’n kind se persoonlike ontwikkeling. Upton vertrek eersdaags na Switserland waar hy sal help om die Indiese hokkiespan vir die Olimpiese Spele te brei. By hom is (van links) Louis Duvenage, Hennie Louw (sportorganiseerder by Hugenote Hoërskool) en Dico du Toit (voorsitter van die Hugenote Ondersteunersbond).Foto: Engela Duvenage


Gerekende afrigter besoek skool in Wellington

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article