Elwira Standili, die gospelsangeres van Worcester, is aangewys as die nuwe aanbieder van kykNET se Koortjies gospelprogram. Sy neem die leisels by Jonathan Rubain oor wat die program vir vier jaar aangebied het. Foto: kykNET


Elwira Standili, die immergewilde gospelsangeres van Worcester, is aangewys as die nuwe aanbieder van Koortjies– kykNET se gospelprogram wat vir vier jaar deur Jonathan Rubain aangebied is.

Koortjies keer op 14 Julie weer terug vir ’n nuwe seisoen nadat Rubain verlede maand die tuig neergelê het.

Standili het verlede week in haar eerste media-onderhoud sedert die aankondiging op Radio Tygerberg gesê sy beskou hierdie geleentheid as ’n hoogtepunte in haar “seisoen van guns”.

“As ’n mens dit hardop sê dan kan ek dit steeds nie glo nie. Dit is nog steeds besig om in te sink. Vra my ’n maand van nou af wanneer ek begin werk het, dan kan ons weer praat.”

Koortjies is so ’n baanbrekerprogram op TV op die oomblik. Al wat ek kan bring wat nuut is, is myself. Natuurlik gaan ons lekker sing. In die tyd wat Koortjies op die TV is het ek seker so vier keer gaan kuier.

Elwira Standili

Standili sê Rubain het ’n sterk fondasie vir die program gelê.

Koortjies is so ’n baanbrekerprogram op TV op die oomblik. Al wat ek kan bring wat nuut is, is myself. Natuurlik gaan ons lekker sing. In die tyd wat Koortjies op die TV is het ek seker so vier keer gaan kuier.

“Om altyd te weet ek gaan nou lekker musiek sing saam met die mense, elke Sondag. Ons gaan sing tot ons longe uitval, hoor!”

Elwira Standili is geen vreemdeling op die Koortji

Elwira Standili is geen vreemdeling op die Koortjies-stel nie. Sy het al vier keer op die program verskyn. Foto: kykNET

Basil Appollis, die bekroonde akteur, vervaardiger en skrywer, het intussen sy steun agter Standili gegooi.

“Sy het ’n borrelende persoonlikheid en ’n ongelooflik mooi stem. Hierdie kombinasie maak haar feitlik uitgeknip vir die posisie. Ek is baie trots op haar en glo dat sy die program na selfs hoër hoogtes sal neem,” het Appollis vandeesweek vlugtig aan Paarl Post gesê.

Rubain het verlede maand gesê hy is dankbaar vir almal wat hom Sondae in hul eie huis verwelkom het.

“As ek na jul dorpe, kerke en konserte toe gekom het, is ek altyd met ope arms verwelkom. Julle het my altyd so goed hanteer en daarvoor is ek vir die Here asook vir julle vir ewig dankbaar.

“Vir kykNET wil ek baie dankie sê. Dankie dat julle geleenthede skep vir mense soos ek. Julle het letterlik my lewe verander.

“Ek is baie opgewonde oor dit wat vir Koortjies in die pyplyn is. Ek gaan steeds een van die program se grootste aanhangers wees. Ek glo die Here gaan nog hierdie program en sy nuwe aanbieder gebruik om steeds daardie belangrike rol in Suid-Afrika te vervul.”

kykNET het in Februarie 2020 aan Koortjies begin skiet en die eerste episode is op 5 April daardie jaar uitgesaai.

Dit het sedertdien gegroei en ’n gunsteling in veral die bruin Pinkster-gemeenskappe geword.

Koortjies met Elwira Standili begin op Sondag 14 Julie op kykNET & Kie, kanaal 145, op DStv wys.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article