Ek neig om saam met SJ Jantjies te stem rakende ons sogenaamde “Stad van uitnemendheid!” Allesbehalwe. Ons beursies word leeggetap om die “stadsvaders” te behaag.

Ek sê al ’n geruime tyd: Verandering na stad was in belang van die raad en sy beursie! Nêrens het ek al ooit gehoor dat mense wat Paarl toe kom, sê hulle kom Paarl-stad toe nie!

Dit lyk allermins soos ’n stad! Kaapstad nog, ja?

Mnr. Korabie het die hoop beskaam, want hy moes eers hoor wat die hogere mense hom aansê wie om te kies! Dis hoekom dit dieselfde “peas of the same pod is”?

As ons gedink het dat dit beter sal gaan onder daardie agbare heer, dink ek ons sit die pot ver mis!

Maar nou ja, tyd sal leer! Intussen sê ek nie vir my familie in ander dorpe dat ek in ’n stad woon nie, want sou hulle kom kuier, hoef ek nie te verduidelik wat ek met “stad” bedoel het nie.


John Goodman,

Wellington

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article