Alle sakeondernemings en entrepreneurs word na Drakenstein Sakekamer se gereelde Vrydagoggend-sakekoffie-geleentheid uitgenooi.
Vandeesweek se bymekaarkoms vind plaas by Vryguns-plaas by Windmeul en word aangebied deur Perdeberg Wynkelder.
Hierdie geleentheid is gemik op die bevordering van plaaslike ondernemings en om mekaar te ondersteun deur ’n “koop plaaslik”-kultuur te skep. Bring dus jou visitekaartjies saam.
Baniere mag opgerig word.
Die oggend begin om 08:00 vir 08:30.
Om jou teenwoordigheid te bevestig of vir enige navrae, stuur e-pos na info@drakensteinsakekamer.co.za.

