Paarl- Rugby Kode gaan hierdie naweek (Saterdag 20 Julie) na die behoeftes van die Rusthof-outehuis uitreik en alle inkomste wat die naweek ingevorder word, gaan aangewend word om in die onmiddellike noodsaaklike behoeftes van die ouetehuis te voorsien.

Toeskouers word versoek om in groot getalle op te daag om hul onderskeie spanne te kom ondersteun en sodoende ’n bydrae tot die inisiatief te lewer.

Alle spelers word ook versoek om ’n R5-bydrae by die hek te gee en daardeur hul bydrae te lewer. ’n Skenkingsboks sal by die hek geplaas word waarin enige skenking geplaas kan word.

Paarl- Rugby Kode sou graag die inisiatief verlede Saterdag wou begin het, en moes noodgedwonge vanweë die afstel van wedstryde die inisiatief uitstel en bedank al die klubs wat reeds op hul eie die inisiatief op Mandeladag begin het. Die wedstrydbepalings vir die week is:. Vineyards t. Bellville; wegwedstryd. Young Peoples t. Blue Jets; Daljosafat C. Young Standards t. Riverstones; Daljisafat D. Pêrel United t. Paarl Rangers; Daljosafat B. Violets (Paarl) t. Allandale; Daljosafat A. Laer Paarl t. Simondium; Daljosafat E

Paarl-streek bied Saterdag 3 Augustus ’n afrigtingskliniek vir o.13 spanne vir laerskole van 09:00 af by die Daljosafat-stadion aan.

Die afrigtingskursus sal aangebied word deur die afrigters van die Paarlstreek-spanne.

Dit vorm deel van die Paarlstreek se inisiatief van ‘adopt a school project’ waarin klubs aangemoedig gaan word om in 2025 meer by skolerugby betrokke te raak by wyse van afrigting, mentorskap, motivering ensovoorts, en sal opgevolg word met ’n kliniek vir meisies om vrouerugby in die Paarl te bevorder.

Borge is welkom om by die inisiatief betrokke te raak. . Meer besonderhede is by enige Paarlstreek-klub bestuur beskikbaar.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article