Drakenstein Sakekamer beplan vir Vrouedag, 9 Augustus, ’n glansgeleentheid – ’n groot maskerbal op 7 Augustus met ’n veiling op die Laborie-landgoed in die Paarl.
Nadat geen maskerbal vir jare in Drakenstein aangebied is nie, het die Sakekamer besluit om dit te laat herleef, met verrigtinge wat om 18:30 sal begin, met EL Gossling as gasspreker.
Die sanger Dewald Dippenaar sal ook optree.
Maskers sal ook gratis voorsien word aan mense wat kaartjies koop.
Die koste beloop R350 per persoon. Groeptafels kan ook bespreek word teen R3 500 elk, met 10 mense aan ’n tafel.
Die hoofborg is Standard Bank.
Hierdie is ’n formele aangeleentheid met ’n besonderse spyskaart. ’n Veiling sal gehou word met kosbare goedere waarop gebie kan word.
. Stuur vandag nog e-pos na info@drakensteinsakekamer.co.za om ’n plek of tafel vroegtydig te bespreek en Vrouemaand in swier te vier.



