Hillcrest United het die afgelope naweek Temperance van Gouda op Pelikaanpark ’n rugbyles in die gure, nat weer geleer. Die tuisspan het al drie wedstryde gewen – die derde span met 17-8, die tweede span 28-0 en die eerste span 53-0. Drieë is gedruk deur Jeandre Abrahams, HR Claasen, Shadick Benjamin, Geoffrey Allies (2), Ricardo Festus, Lesley Gertse, Gilton Mangena en Jeandré Ahrends. Ethan Vorster het geslaag met twee doelskoppe en Kyle Marthinus en Zainodeen Patel met een elk.Foto: Roswall de Vries


Gouda ’n les geleer

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article