Die Hoërskool Gimnasium Paarl se o.15A-netbalspan het onlangs by die Kay Motsepe-netbalkampioenskap algeheel eerste in die land geëindig en is dus as die nasionale kampioene aangewys. Hulle sal Suid-Afrika aan die einde van die jaar in ’n toernooi in Singapoer verteenwoordig. Agter is Janke van der Merwe, Kyla Smit, Daniëlle de Jonge, Lila Doyer en Lea Schöltz. Voor is Marika Dixon, Elzé Laubscher, Sophia Liebenberg en Mia Groenewald. Die skool is baie trots op die span.


Gim se netbalmeisies bo!

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article