Die personeel en kinders van die ACVV Wielie Walie-versorgingsoord in Langstraat, Noorder-Paarl, het die kleuterskool se 45ste verjaardag op 1 Augustus gevier. Wielie Walie is trots om te sê dat versorging en vroeë kinderontwikkeling van hoogstaande gehalte deur die jare aan talle kinders van die Paarl gebied is. Die bestuurskomitee nooi alle oud-leerders en oud-ouers om kontak te maak en hul storie te vertel.. Stuur ’n e-pos na wieliew@acvv-pvallei.org.za met jou storie. Wielie Walie wil ook graag ’n databasis van oud-leerders saamstel. Volg ook die Facebookblad Wielie Walie Versoringsoord Noorder Paarl.
Wielie Walie vier 45 jaar
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.