Dit is baie belangrik om op hoogte te bly van die nodige noodnommers. Dus wil die Paarl-Oos-polisie graag gemeenskapslede in kennis stel van, of herinner aan hul telefoon- en selfoonnommers waarop die polisie bereik kan word.

Kapt. Basil Seekoei, woordvoerder vir die Paarl-Oos-polisie, versoek gemeenskapslede om hierdie nommers byderhand hou, sou hulle dringend polisiebystand benodig of in die geval van ’n noodgeval.

. Kontak die Paarl-Oos-polisie se dienssentrum by die volgende nommers: 021 877 5900, 021 877 5906 of 021 877 5907.

Daar is ’n enkele selfoonnommer wat deur die verskeie skof-bevelvoerders gebruik word wanneer hulle aan diens is. Kontak die skof-bevelvoerder by 082 469 6792.

Seekoei verduidelik ook dat Paarl-Oos in verskeie polisiëringsektore verdeel is. Die sektore en hul onderskeie selnommers is as volg:

. Sektor 1 (Groenheuwel) – 082 379 4712;

. Sektor 2 (Chicago, New Orleans, Charleston Hill) – 082 379 4563; en

. Sektor 4 (Amstelhof) – 082 379 4336.

Seekoei verduidelik die selnommer vir Sektor 3 (Lantana, Klein Nederburg, Riverside, New York, Mountain View) is op die oomblik buite werking. Dit sal binnekort herstel word en die gemeenskap sal dienooreenkomstig ingelig word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article