Lente is om die draai en dit lyk asof die winter net nie wil afskeid neem nie.
Elke keer wanneer die hoop daar is dat die lente uiteindelik gekom het, sak die swaar weer neer en dis weer bibberend.
Kom die warm weer, lê ons weer soos pap snoeke rond. Dus sê ek altyd, ons moet elke seisoen geniet vir wat dit is en vir wat dit bied – die somer vir sy hitte en die winter vir sy koue. Ons moet deur die ysige koue gaan om die skroeiende hitte te kan geniet en andersom.
So is dit ook in ons daaglikse lewe.
Dus, geniet die laaste paar weke van winter. Baie mense se wonings het groot skade opgedoen, maar ek bid en vertrou dit sal volkome herstel word.




