Paarl se klubrugby-seisoen van 2024 loop stadig na ’n einde toe met die uitklopronde wat hierdie naweek (Saterdag 14 September) plaasvind.
Die Paarlstreek se liga is voltooi, hoewel nie alle ligawedstryde afgehandel is nie en talle klubs het nog ligaverpligtinge gehad. Die uitgestelde wedstryde, wat deur nat velde veroorsaak is, het veroorsaak dat daar nie genoeg tyd sal wees om die 2024-liga af te handel nie en punte soos tans is as die finale ligapunte aanvaar.
Die eerstespan-ligawenners was Laer Paarl, Young Gardens die tweedespan- ligawenners en Young Standards die derdespankampioen.
Saterdag word die eerste ronde van die Paarl se Streekuitklopliga gespeel met die eerste en tweede spanne van die top-8 wat deelneem en opwindende rugby word verwag.
Die rooster is as volg:Eerste spanne:
Daljosafat C – Young Gardens t. Violets
Daljosafat D – Young Standards t. Riverstones
Daljosafat B – Allandale t. Lower Paarl
Daljosafat A/E – Paarl Rangers t. Simondium
Tweede spanne:
Daljosafat C – Young Gardens t. Violets
Daljosafat D – Young Standards t. Lower Paarl
Daljosafat B – Allandale t. Simondium
Daljosafat A/E – Paarl Rangers t. Riverstones




