Kom kyk na een van SA se hottest Afrikaanse bands, Posduif, by Hennies: Brendan Campell, Nick McCreadie, James Boland, Amiel Gopal en Nick Jordaan


Die warmste naam in Afrikaanse musiek tree vanaand (Donderdag 26 September) by Hennies in die Paarl op.

Posduif is ’n vyfstuk- Suid-Afrikaanse musiekgroep wat ’n boodskap van hoop bring.

Brendan Campell, Nick McCreadie, James Boland, Amiel Gopal en Nick Jordaan vier graag samesyn en goeie tye. Hulle glo in outentieke, opregte en toeganklike waardes en is ’n goeie groep wat goeie musiek vir goeie mense maak!

Slegs ’n paar maande ná die vrystelling van hul debuutalbum, Niks vergelyk, het hierdie groep musikante ’n opnamekontrak met die legendariese Kosie van Niekerk en Select (Sony) losgeslaan en ’n Sama (South African Music Award) vir die beste popalbum huis toe gebring.

Hoewel hulle in 2018 gestig is, het hierdie groep talentvolle musikante in 2019 ontplof met hul debuut, “Brandy Special”. Hierdie treffer het reeds meer as 500 000 mense op sosiale media aan die dans gekry.

Hierdie unieke en energieke groep word met ope arms op van Suid-Afrika se gewildste verhoë ontvang. Die afgelope twee jaar het Posduif skares laat saamsing en dans by onder meer Weiveld, Heroes, Padstal en The Daisy Jones Bar at OMG.

Die vertoning begin om 19:00 en is gratis, maar plek is beperk – kom dus vroeg om jou plek te verseker.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article