Alle openbare swembaddens in die Drakenstein-munisipaliteit het op 1 Oktober vir die somerseisoen heropen.

Die swembaddens sal op 31 Maart 2025 weer sluit.

Munisipale swembaddens wat vir die publiek oop is, sluit in die Drakenstein-swembad (op die hoek van Klein Drakensteinweg en Van der Stelstraat in Paarl-Oos), die Faurestraat-swembad (Faurestraat in Paarl), die Mbekweni-swembad (Phokengstraat in Mbekweni), die Pentzstraat-swembad (Boven-Pentzstraat, Wellington) en die Weltevrede-swembad (Bloekomlaan, Weltevrede, in Wellington).

Menseredders sal by alle swembaddens en oorde aan diens wees en is deur die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) opgelei.

Altesaam 55 menseredders met volle formele akkreditasie is vir hierdie somer aangestel.

Die openingstye vir alle munisipale swembaddens is daagliks van 10:00 tot 19:00, insluitend naweke.

Die koste is R10 vir volwassenes (16 tot 59 jaar) en R5 per kind (15 jaar en jonger).

Toegang vir ouer mense(60 jaar en ouer) is gratis, met ’n ID-dokument as bewys.

oorde in drakenstein

Die Antoniesvlei-oord net buite Wellington, asook die Saron- en die Orleanspark-oord bied almal braai-geriewe, dagkampeer- en tentkampeergeriewe aan.

Die oorde het ook drie swembaddens en speelparke vir kinders.

Die fasiliteite is daagliks tussen 9:00 en 18:00 oop.

Die koste beloop R30 vir volwassenes (16 tot 59 jaar) en R20 per kind (15 jaar en jonger) en gratis toegang vir ouer mense (60 jaar en ouer).

Die toegangskoste per voertuig beloop R30.

Mense wat per bus aankom, moet vooraf bespreek.

. Kontak Roswin Pietersen by Roswin.Pietersen@drakenstein.gov.za of skakel Pietersen by 021 807 6301 vir busbesprekings.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article