Die bekende Paarlse pa en seun Danie en Johan du Toit sal op 23 Oktober by die Helderberg Teatro in Somerset-Wes die eerste keer saam op die verhoog te sien wees met Songs, Stories en Gedigte. Danie (regs) het as stuurman van die supergroep Spoegwolf geen bekendstelling nodig nie en is een van Suid-Afrika se topname in die musiekbedryf. Johan deel die verhoog met sy seun terwyl hy ook sy eerste digbundel bekendstel. Die konsert begin om 20:00. Kaartjies kos R320 per persoon. Besoek www.helderbergteatro.co.za vir besprekings.Foto:


Paarlse pa en seun op verhoog met songs, stories, gedigte

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article