’n Bejaarde vrou en twee kinders van ’n plaas in die Paarl is Dinsdag (26 November) in die hospitaal opgeneem nadat hulle lekkers wat glo dagga bevat, ingeneem het. Volgens kapt. Louise du Plessis, ’n woordvoerder vir die Paarl-polisie, is beamptes na ’n plaas op die Denneboom-pad ontbied nadat ’n klagte ontvang is oor moontlike vergiftiging. “Met die polisie se aankoms is gevind dat die twee minderjariges en bejaarde vrou lekkernye geëet het wat vermoedelik dagga bevat. Een van die kinders het glo met die eetgoed by die woning opgedaag. Hulle is vir behandeling na ’n plaaslike hospitaal opgeneem,” het Du Plessis gesê. Luidens ’n verklaring deur die Drakenstein-plaaswag is die daggalekkers glo deur ’n inwoner op die plaas verkoop. Die plaaswag se paramedici was eerste op die toneel, waarna die Paarl-nooddienste ontbied is.Foto: Drakenstein-plaaswag
Drie in hospitaal oor ‘lekkers’
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.