Die aksieplan van die ANC en VF Plus in die Drakenstein-munisipaliteit wat betref die “broeiende krisis” in die munisipaliteit se afvalbestuursafdeling kom reeds meer as 20 jaar aan!

Verskeie voorleggings en samespre­kings kon senior bestuur nie oortuig om enige veranderings aan te bring nie.

Drakenstein se vullisverwyderings­tariewe is reeds vir baie jare die hoogste in Suid-Afrika en die dienste deur private maatskappye in luukse woonbuurte is opgehef, want DM maak groot geld met ekstra huishoudings!

Daaglikse inspeksies van alle gebiede in Drakenstein word nie gedoen nie en die toestand van die oorlaaistasie in Distillerystraat is bewys van die swak bestuur in die vullisafdeling.

Met die destydse bekendstelling van die staatsondersteunde EPWP in die Wes-Kaap was die DM afwesig en was dus ’n bewys van swak bestuur.

Die aanstelling van swak senior bestuurders is ’n verdere bewys van agteruitgang en die gebruik van verkeerde voertuie, veral vir herwinbare afval, is die oorsaak dat dienste laat gelewer word, want oortydbetaling is die resultaat.

Hoofroetes deur enige dorp of “stad” moet daagliks skoongemaak word. Die personeel van vullistrokke is ook nie altyd geklee in netjiese beskermende klere nie en voertuie is vuil en word ook seker nooit gewas nie.


Bekommerde belastingbetaler,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article