Die Boland-tweekampgroep het by die afgelope interprovinsiale tweekampbyeenkoms in Oudtshoorn geskitter deur eerste in die spankompetisie te kom. Eden was tweede en die WP derde. Talle Bolanders het ook in hul onderskeie ouderdomsgroepe op die podium gestaan. Onder hulle was die Boland-spankaptein, Neil-Willem Büchner (in swart Boland-frokkie) van Hugenote Hoërskool, wat goud in die o.19-afdeling gewen het. Die Boland Tweekamp-kampioenskap vind Saterdag op die sportterrein van Hugenote Hoërskool in Wellington plaas, waarna ’n amptelike span vir die Suid-Afrikaanse kampioenskap gekies sal word. Foto: Engela Duvenage


Boland-span kraai koning in interprovinsiale tweekamp

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article