‘n Sixty60-drywer is dood na ‘n noodlottige ongeluk. Foto: Facebook/Julian Jansen – Journalist

‘n Groep Sixty60-drywers het Dinsdagoggend (23 Desember) saamgedrom op die toneel waar een van hul kollegas betrokke was in ‘n noodlottige ongeluk.

Die ongeluk het in Croydon na Macassar gebeur het Kapt. Frederick van Wyk, Wes-Kaapse provinsiale polisiewoordvoerder, bevestig.

“Omstandighede rondom ‘n ongeluk vanoggend om 08:22 op die R102 naby die Kelderhof-ingang word ondersoek.”

Van Wyk verduidelik ‘n 23-jarige buitelandse burger is op die toneel dood weens die beserings wat hy opgedoen het. ‘n Toyota Cruse-voertuig en die motorfiets was betrokke in die ongeluk.

‘n Strafbare manslag saak is geopen en word ondersoek deur die Macassar-polisie.

Van Wyk vra dat enigeen met verdere inligting rondom die insident die Misdaad Stop nommer skakel by 08600 10111 of die inligting anoniem deur gee op die MySAPS selfoon applikasie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article