4 April 1973

Vrou verongeluk: ’n Vrou van Hermon is Saterdag noodlottig beseer op die Soetendal-Wellingtonpad toe die motor waarin sy saam met haar eggenoot gereis het, die pad byster geraak en omgeslaan het. Die man is lig beseer. Saam met hulle in die motor was ’n 4-jarige seuntjie, ’n kleinkind wat net baie lig beseer is.

162 Plots for sale next year: Details on the development of the Groenvlei Township on the slopes of Paarl Mountain in Noorder Paarl were given at a press conference at Paarl last week. Groenvlei, formerly an export grape farm, is now being prepared and will comprise 162 residential sites on which single houses will be built. These will be offered for sale in 1974.

Bustariewe verhoog: Bustariewe in die Paarl is op 1 April verhoog. ’n Woordvoerder van die busmaatskappy het die Paarl Post meegedeel dat dit noodsaaklik geword het as gevolg van die steeds-stygende onderhoudskoste en substansiële verhogings wat die maatskappy aan sy werknemers gegee het.

Saddle horse sold for R190: After the antiques had been sold on the farm La Bori in Southern Paarl, the farm implements and one saddle horse were auctioned. The horse, a stallion, son of ‘Beaumasterspride’, Swellendam, was sold for R190. A big tractor was knocked down for R1 500 and two other tractors for R450 and R350.

Barlinka wil nie swart word nie: Hoewel die Paarl nie juis die mees geskikste distrik vir die verbouing van Barlinkadruiwe is nie, is daar tog ’n groot aantal boere wat hul toelê daarop. Vanjaar ondervind die boere egter meer probleme met die verkleuring van die druifsoort as gewoonlik.

Lastige mossie: Die mossie is net so lastig op die graanplase op Wellington as op die druiweplase van die Paarl, aldus ’n Wellingtonse koringboer op ’n vergadering van druiweboere in die Paarl.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article