30 Maart 1973
Nuwe hof gebou teen R550 000: Die burgemeesteres, mev. Adrienne Koch, het gisteroggend ’n afvaardiging van die stadsraad na die minister van justisie, mnr. Pelser, gelei en ’n brief met haar saamgebring. Dit lees soos volg: “Na aanleiding van die onderhoud wat u vandag met sy edele die minister gehad het, wens ek te bekragtig dat ’n bedrag van R550 000 toegeken is vir die oprigting van ’n nuwe landdroskantoorgebou te Paarl met moontlike tenderdatum September 1975.
Only 17 per cent water: The critical state of water supplies in the Boland is reflected in the Wemmershoek Dam which is only 17 per cent full. Paarl also receives water from this dam.
Veiling haal R150 000: Een van die grootste veilings in die W.P. gehou, was op die plaas Wolwedans, Klipheuwel. Nagenoeg 1 000 mense het dit bygewoon. Die veiling het tussen R140 000 en R150 000 opgelewer. Kopers het van so ver as Pretoria, Upington, Hutchinson en die S.W. Distrikte daarheen gekom. ’n Woordvoerder van Boland Bpk., Paarl wat die veiling behartig het, het die Paarl Post meegedeel dat plaasimplemente en lewende hawe verkoop is.
Lorry drops 200 meters: A lorry loaded with iron left the road in the Du Toitskloof Pass yesterday and dropped 200 meters down a precipice. Of the two men on the lorry, one was killed and the other critically injured. He was still unconscious in Paarl Hospital last night. The two men were brought down the mountain to hospital by a Paarl Municipal Ambulance. The ambulance men hauled the two men up the steep mountainside with ropes. The accident occurred on a curve near the tunnel on the Worcester side, where the sheer drop is one of the deepest in the pass.
Dr. Connie Mulder se besoek: Dr. Connie Mulder, minister van binnelandse sake, inligting, volkswelsyn en pensioene, het die Paarl besoek toe hy Nasionale Party-werkers en takbestuurslede op Salamonsvlei, die plaas van mnr. Wynand Malan, toegespreek het.




