19 Maart 1973
Reën het geval: Byna 50 mm reën het hierdie week in die Paarl uitgesak. Dit is die eerste noemenswaardige reën van die jaar en word allerweë verwelkom. Vroeër in die maand het 6 mm voorgekom wat totaal vir Maart op nagenoeg 56 mm bring.
Alcohol & Drugs Meeting: The South African National Council on Alcoholism and Drug Dependence (Sanca) held a meeting at Paarl with a view to extending its activities in Greater Paarl area. One of the aims of the meeting was to start a Sanca sub-committee for the Paarl district.
Monument-sake: Daar is reeds ’n begin gemaak met die oprigting van die Afrikaanse Taalmonument teen die hange van Paarlberg in Suider-Paarl wat op 14 Augustus 1975 ingewy sal word. Binnekort sal die simboliese struktuur vanaf die nasionale pad sigbaar word. Daar sal binnekort ’n begin gemaak word met die restourasie van Gideon Malherbe-huis (Westfalen) in Pastorielaan, waar die Genootskap van Regte Afrikaners in 1875 gestig is.
Moveable property sales: R20 000: Three auctions of movable property held at Paarl within one week, realized R20 000. This is the first time in many years that such a large sum has been realized at Paarl from the sale of movable property within one week.
Polisiestasie-sloping: Daar is ’n begin gemaak met die sloping van die ou polisiestasie in Lady Greystraat. Die gebou was byna toegegroei deur onkruid in die 18 maande sedert dit ontruim is.




