16 Februarie 1973
Dam in berge bly maar ’n droom: Byna 30 jaar gelede het die Paarlse Munisipaliteit ’n stuk grond in die Bainskloofberge gekoop met die oog op die bou van ’n groot dam om die steeds stygende waterbehoeftes van Paarl aan te vul. Die area staan bekend as Oostenburg en sluit o.a. die eens pragtige herehuis wat deur die Hugo-familie van Wellington daar opgerig is, in. ’n Bergbrand het die gebou jare gelede verwoes en slegs die mure is nog staande. Sommiges sê dit spook in die murasie.
Public library staff: As is known, the Public Library is to close down. For a public library to close down after 130 years, it’s not an easy matter. It is in fact heartbreaking and tragic.
Skool se nuwe swembad & sportterrein: Saterdag 17 Maart sal ’n heuglike dag vir die leerlinge, oudleerlinge en ouers en belangstellendes van die Hoër Meisieskool wees wanneer die verrigtinge ter inwyding van die skool se swembad en sportterrein om 1:00 ’n aanvang neem. So vroeg as 1958 is die eerste vertoë reeds gerig tot verskeie instansies vir ’n eie swembad en later vir ’n sportterrein. Al die jare moes die leerlinge van die skool die lang afstand – soms in moordende hitte –aflê na die openbare swembad en sportveld. So het baie kosbare tyd verlore gegaan. Alle sportbyeenkomste moes op openbare plekke gehou word.
Stadium at Mbekweni: The Municipality is calling for tenders for the erection of a sports stadium that will cost in the vicinity of R90 000, according to a report last year. Rugby has a big following in Mbekweni and the new sports stadium will benefit the game at Mbekweni (as well as other sport).
Verbypad in Hugenote: Nog ’n pad gaan in Hugenote gebou word, t.w. die verbypad. Die werke- en geriewekomitee het op ’n vergadering van die stadsraad as volg hieroor rapporteer: Die komitee verleen oorweging aan die verslag van die raadgewende ingenieurs Cahi, Gertenbach, Vorster en De Vries insake die belyning van die Huguenot-verbypad.




