2 Februarie 1973

Waterbeperkings moontlik: Indien dit nie binne 14 dae reën nie, sal waterbeperkings moontlik hier ingestel moet word, is Dinsdag by die vergadering van die stadsraad verklaar. Die waterposisie is bespreek nadat mnr. A.D. van Wyk gesê het dat die opgaardamme op Paarlberg 69% vol is.

Mnr. Van Wyk het gesê dat hy die inwoners wil waarsku. ’n Droë, warm tyd kan in die volgende maand verwag word en as die publiek nie saamwerk nie, sal waterbeperkings ingestel moet word. Dit kan binne twee weke gebeur as dit nie reën nie.

Diplomas Awarded to 130 Nurses:
Because no suitable hall could be obtained at Paarl, a big graduation ceremony for nurses had to be transferred from Paarl to the Tygerberg Hospital where, however, Paarlites officiated. Diplomas were awarded to 130 nurses who had passed their final examinations. They came from the following hospitals: Tygerberg, Karl Bremer, Paarl, Worcester, Malmesbury and Montagu.

Spanspek in die wingerd: Ons het gaan kyk wat At alles op Môrewag aanvang, meld die nuusbrief van die Bergrivierse Tafeldruif-Produsentevereniging. Spanspek in die wingerd! Met plastiek bo-oor, plastiek onderdeur en druppers net waar jy kyk.

When is it going to be pulled down?:
The old police station, in the heart of the business centre in Lady Grey Street, still stands empty and abandoned. It was vacated by the police more than a year ago when they moved into their new “skyscraper” building. The courtyard was being used as a parking area by motorists until the entrance was barricaded and now the motorists cannot get in.

Jeugvakansiekursus: Tydens die skoolvakansie in April 1973 bied die Departement van Sport en Ontspanning ’n jeugvakansiekursus op Ceres aan. Soortgelyke kursusse, wat gedurende 1972 aangebied is, was ’n groot sukses. Die doel van die kursus is om kinders bekend te stel aan die basiese ontspannings-bedrywighede, wat baie aangenaam sal wees en wat ook in die kind se latere lewe ’n aanwins sal wees tot betekenisvolle vryetydsbesteding.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article