12 Januarie 1973
Biddiens om reën: As deel van die landswye biddienste met die oog op die knellende droogte, word daar Maandag om twaalfuur ’n gesamentlike diens in die Strooidakkerk gehou. Volgens berigte in die dagblaaie is die samewerking van die Regering en ander liggame verkry om staatsamptenare en werknemers in staat te stel om die dienste by te woon en daar word ’n vriendelike beroep op almal gedoen om op hierdie dag van verootmoediging en skuldbelydenis voor die Allerhoogste in te skakel.
Detective saved drowning man: A man who had apparently drunk methylated spirits, fell into the Berg River recently and was in danger of drowning. The current carried him downstream and he disappeared under the water and came up again. At this stage, Detective Johnny Grain dived into the river and seized the drowning man and brought him to safety.
Ligte aardskudding: ’n Ligte aardskudding is vanoggend net voor 07:30 hier waargeneem. Dit het gepaard gegaan met ’n sterk dreuning. In Noorder-Paarl het die binnedeure van ’n huis gerittel en is die skudding baie duidelik gevoel. Ook op Wellington is dit duidelik waargeneem en het dit gepaard gegaan met ’n harde dreuning “wat soos ’n storm nader gekom het”, het ’n inwoner later gesê. Om 8.30 vanoggend is oor die radio aangekondig dat ’n sterk skudding op Porterville, Wolseley en Tulbagh voorgekom het.
Troop train with 400: Paarl station was packed on Wednesday night with people seeing off the last of the four troop trains which left the Western Province on Wednesday. Some of the youth who boarded the train, still wore long hair and beards. A barber here reported that only three youth going on military training had come to him for a hair-cut on Wednesday.
Skitterende fietsryers: Die skitterende fietsryspan van die Paarl het weer op die jaarlikse fietsrybyeenkoms van Stedelike Fietsryklub op Groenpunt Dinsdagaand bewys dat daar geen gelyke in die Westelike Provinsie is vir hulle nie.




