4 Augustus 1972
220 diere in wildtuin: Die privaat wildtuin van mnr. D. D. Marais op die plaas Ongegund, Simondium, sal eersdaags vir die publiek oopgestel word. Daar is 220 diere van 21 verskillende spesies in die park. Dit sluit in kameelperde, buffels, elande, gemsbokke, koedoes, blouwildebeeste, swartwildebeeste, en impalas. Daar word ook beoog om bobbejane, krokodille, en moontlik luiperds aan te skaf.
Policewomen: For the time being policewomen would be located only in the cities and later, a big town like Paarl may get a policewomen on its staff, a police officer here told Paarl Post. Boland produced one policewomen, from Saldanha. She has not returned to the Cape but has been replaced elsewhere. The policewomen are working in charge offices and will not be doing any outside work. Paarl Police already has three girls doing office work. They are however not policewomen, but civilians doing typing.
Blokfluitfees: Die Blokfluitfees wat verlede Vrydag en Saterdag in die Paarl gehou is, was andermaal ’n groot sukses. Dit was die tweede keer dat so ’n musiekfees hier plaasvind, en ’n hoë standaard is gehandhaaf. Sestig diplomas is toegeken, dertig waarvan Paarliete verower het. John du Toit van die Wellingtonse Opleidingskollege het die studenteafdeling gewen.
Boland Bank in city: The Boland Bank, whose headquarters are at Paarl, this week moved into its new offices in Cape Town at the corner of Lower Burg and Riebeeck streets. This is a ten-storeyed building, purchased last year for more than a million rand.
Woonwaparkregulasies: Die woonwapark van die Munisipaliteit by Wateruintjiesvlei raak meer gewild. Trouens, die gewildheid het sodanig toegeneem dat die Stadsraad spesiale woonwaregulasies moes optrek. Hierdie regulasies verklaar dat elkeen wat ’n woonwapark wil aanlê moet volledige planne van die aanleg en geboue van die voorgestelde park aan die raad ter oorweging voorlê.




