Studente-onrus: Dit broei en gis onder die studente van Kaapstad die afgelope week en dit kry nie end nie. Die koerante is letterlik vol van gebeurtenisse wat met die Ikey-studente te doen het. Die Paarlse Distriksraad van die N.P. spreek sy dank uit teenoor die Eerste Minister en sy Regering vir hul ferme en doeltreffende optrede in die belang van veiligheid en orde in die heersende onrus aan sekere universiteite.

Deadly fowl disease: The dreaded Newcastle disease has broken out in the W. Province again. When the disease last occurred here, tens of thousands of fowls were lost, also at Paarl, and poultry farmers suffered heavy financial losses. The Paarl area is a stronghold of the poultry industry. Within a few days, 46 fowls out of 89 had died. The W.P. Poultry Farmers’ Association approached the owners and asked them to destroy the remaining fowls which they did.

Woonstelle vir Bejaardes: Die boukontrak vir Vergenoegd, huis vir bejaardes, is gisteroggend onderteken en die kontrakteur is mnr. Heine de Villiers van die Paarl. Bouwerk sal op 1 Augustus ’n aanvang neem en die kompleks van woonstelle moet afgelewer word op 31 Januarie 1974.

Wynoes was ’n rekord: Dit is besonder aangenaam om oor die 1971-wyn-oes en die finansiële resultate van die jaar verslag te doen, want dit was ’n baie suksesvolle jaar. Die wynoes was ’n rekord een wat, met inagneming van die pars-surplus, op 957 918 lêers te staan gekom het – ’n vermeerdering van 223 918 lêers. Hierdie baie goeie toename in produksie is te danke aan die feit dat die voordeel van die uitbreiding van produksiekwotas in 1964 in die opbrengs van die 1971-oes weerspieël is.

3 Men in motor vehicle stopped: After three men in a motor vehicle had filled up with petrol at a filling station at Vredenburg and driven off after paying for the petrol, the petrol attendant missed R32. A police officer at Paarl told the Paarl Post that the Hopefield police were alerted and told to look out for the three men. The Hopefield police stopped three men in a motor vehicle and searched it. Four packets of dagga weighing 146 grams, were found in the vehicle.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article