26 Mei 1972

Zanddrift-sportgronde: Die stadsraad skenk oorweging daaraan om aanstaande jaar R6 000 te spandeer aan die Zanddrift-sportgronde. ’n Gedeelte van die gronde word gebruik deur Paarlse sokkerklub. Die sokkerveld is nagenoeg sewe jaar gelede aangelê, die kleedkamers is hopeloos ontoereikend en daar word oorweeg om die bestaande kleedkamers uit te brei. Die twee kleedkamers dien ook die twee Boy Louw-rugbyvelde wat langs die sokkerveld geleë is.

Electricity goes up: Electricity goes up in price again. A surcharge of 5 per cent has been increased to a surcharge of 15 per cent, to finance increased cost, the Municipality announces.

Honde val ook beeste aan: Rondloperhonde bly steeds ’n groot probleem vir boere. Die aangeleentheid sal weer geopper word by die komende kongres van die Bolandse Landbou-Unie wat by Goudini gehou word. Op ’n vergadering van die Paarlse Boerevereniging verlede Dinsdagaand is die probleem ook bespreek. Daar is gesê dat indien die afdelingsraad ’n belasting van R10 op honde sou plaas, dit baie mense sal ontmoedig om honde aan te hou en dat die gevaar vir lewende hawe op plase aanmerklik sal afneem. Op hede is die belasting slegs R1 vir ’n reun en R2 vir ’n teef-hond. Een van die boere het verklaar dat dit miskien nie so ’n slegte gedagte is om honde te slag vir hul velle nie. Dit sal minstens hul getalle laat daal.

‘Spook’ jumps into passing cars: Who (or what) is the man jumping into passing cars and then vanishing into thin air? This is the latest “spook” story reaching here about traffic. It is reported to have been happening at a certain spot along the Hopefield-Vredenburg road by people now living in Paarl who formerly lived in the Hopefield-Vredenburg area. According to them, passing motorists have seen a man at night standing at the side of the road, with his arm lifted indicating that he wanted a lift. Nobody stops to give lifts to strangers at night but as the cars pass the man, he jumps into the moving car and when the startled motorist investigates, they find nothing.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article