12 Mei 1972
Munisipale woonstelle: Die Stadsraad vra tans tenders vir die oprigting van ’n blok woonstelle in Bredastraat. Dit is bedoel vir bejaardes en sal bestaan uit tien woonstelle. Tenders het hierdie week gesluit. Die munisipaliteit het in beginsel ook die oprigting van twee blokke woonstelle van twee verdiepings elk in Blommedal, Noorder-Paarl goedgekeur. Vier- en driekamer-woonstelle word beoog.
Shopping: The latest tendency is for shops to keep open late at night. A Somerset West shop has just announced that its grocery department will remain open weekdays until 9pm. No move has so far been made at Paarl to keep shops open late at night.
Elektrisiteit in Paarl: Die elektrisiteitsdepartement is ook verantwoordelik vir die toesig oor die kontrakte aangegaan vir die benutting van Klein Nederburg en Nieu Orleans – meld ’n munisipale verslag oor elektrisiteit in die Paarl verlede jaar. In eersgenoemde dorpsgebied was 140 huise aangesluit. Gedurende die jaar is 457 nuwe diensaansluitings in die Paarl voorsien en ons totale getal verbruikers kom nou op 8 499 te staan. Die transformator-kapasiteit het met ’n verdere 1 920 kVa toegeneem en staan nou op 55 470 kVa.
Glittering affair: One of Paarl’s most glittering social events took place in the Town Hall on Wednesday evening. It was Paarl’s first Mayor’s Charity Ball and the hall was packed with hundreds of dancers, most of them VIP’s.
Hoender en man val by bus uit: Sondagaand is ’n man (28) beseer toe hy uit ’n bewegende bus geval het. Hy was onderweg na Groot-Drakenstein toe ’n geslagte hoender wat hy in ’n kardoessak by hom gehad het, uit die bus geval het. Hy het probeer om die sak te vang en het in die proses self uit die bus geval. Hy het kopbeserings opgedoen, maar sy toestand is later as bevredigend beskryf. Die hoender is teruggevind en word by die polisiestasie bewaar.




