7 April 1972



Ongelukke: atleet se dood
:
Twintig ongelukke het die Paasnaweek in Paarl voorgekom. Twee mense is gedood. Twee jong Paarliete het naby Hermanus in ’n botsing gesterf. Die publiek was diep geskok oor die ongeluk naby Hermanus waarin die puik Paarlse atleet Francois Taljaard (18) en Clifford Nicholson (17) gedood is.


Police fire at burglars
:
Police fired at burglars in Paarl East on Monday at about 6.30 p.m. The men were seen emerging from a storeroom which they had broken into. They refused to stop. One man was caught but the other fled and refused to stop when ordered to do so. Shots were fired and the man was hit. He stopped running and was arrested and taken to Paarl Hospital. He was found to have only a light wound and was discharged after treatment. He is being detained, together with the other man.

Miljoen rand-sterrewag
: Die R1 miljoen-sterrewag wat naby Sutherland in die Karoo opgerig word, is feitlik voltooi. Mnr. Carlof van der Merwe, Paarlse elektrisiën, het ’n belangrike rol gespeel in die oprigting van die sterrewag. Hy was verantwoordelik vir die elektriese installasies en ’n span van sy werksmanne werk reeds byna ’n jaar aan die projek. Daar word vermoed dat sy deel van die kontrak nagenoeg R100 000 beloop.

Golden wedding
: A couple who were married in Kupiskis, Lithuania on April 7 1922, celebrate their golden wedding at Paarl today. They are Mr and Mrs Saul Davidowitz, of Verster Street, Paarl. Mr. Davidowitz arrived in South Africa in 1928 and his wife arrived a year later. He was in business at Paarl since he arrived here from Lithuania until 15 years ago when he retired.

Klip na motor gegooi: ’n Geval van klipgooiery het op die Wellington-Huguenot-pad voorgekom. Mnr. J. Nel, van Rabiestraat, Paarl, het aan die polisie gerapporteer dat ’n klip na sy motor gegooi is toe hy op die pad gery het in die omgewing van Bergrivier-Tekstiel se fabriek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article