3 Maart 1972
Public Library To Close:
The Paarl Public Library is to close down after having been in existence for 130 years. This decision was taken this week. The number of adults subscribers had dropped from 700 to 200. The decision to close the Public Library recalls a fierce controversy which raged for a number of years when the Municipality wanted the Public Library to join the Provincial Library Scheme but it repeatedly refused to do so. In the end, the Municipality established its own library and joined the Provincial Library Scheme, at the same time stopping the subsidy of several hundred rand a year which was paid to the Public Library.
Skroeiende Hittegolf: Paarl het die afgelope week gebuk gegaan onder ’n skroeiende hittegolf en die temperatuur het sedert Maandag elke dag tot Woensdag gestyg tot tussen 101 en 102 grade F (38 en 39 grade Celsius). Woensdagmiddag was dit so warm dat dames wat aan die Bella Gray-rolbaltoernooi hier deelneem, flou geword het. Spel moes om 4 nm. gestaak word aangesien die deelnemers nie die hitte kon uitstaan nie.
More Fruit Exported:
The Deciduous Fruit Board reports that 5 296 metric tons of deciduous fruit were exported by and under control of the Board during the period November 1971 to January 1972 compared with 4 853 tons during the corresponding period last season.
Gemeente Maak Beswaar: Begrafnisse op Sondae Die plaaslike Joodse gemeente het beswaar aangeteken oor ’n besluit dat daar in die toekoms nie meer begrafnisse op Sondag gehou mag word nie. By ’n vergadering van die Raad Dinsdag, het die Geriewekomitee verslag gedoen oor die aangeleentheid en verklaar dat die beswaar gegrond is op wette van die Joodse kerk. Die Joodse geloof vereis dat ’n begrafnis so gou doenlik na afsterwe moet geskied. As ’n sterfgeval egter laat Vrydagaand of op ’n Saterdag voorkom moet die begrafnis oorstaan tot Sondag aangesien Saterdag die Joodse Sabbat is.

