25 Febraurie 1972
Dertien skape deur honde verskeur: Mnr. Chris Louw van Babylonstoren, Simondium, het hierdie week ’n gevoelige verlies gely toe rondloperhonde vir die derde keer vanjaar sy skape aangeval het. Dertien skape moes vankant gemaak word nadat dit deur die honde vermink is. Mnr. Louw het gister aan die Paarl Post gesê dat die afgryslike gesig wat hy gisteroggend moes aanskou, sy bloed laat kook het. Hy is van mening dat daar baie strenger beheer uitgeoefen moet word oor persone wat nie hulle honde behoorlik versorg nie.
Over sixty club: The opening of the Over Sixty Club will take place on Tuesday at the Salvation Army Hall at 80 Breda Street at 3pm. Entertainment and refreshment will be provided for the guests. All those over 60 are invited to attend. People with no transport may telephone 4147 for transport.
Opening van polisiegeboue: Die distrikskommandant, offisiere en personeellede van die Paarlse polisie is verheug dat die dag van die amptelike opening van die nuwe polisiegeboue-kompleks op 3 Maart sal geskied. Dit sal waardeer word as die inwoners van die Paarl sowel as die skoliere die verrigtinge kan bywoon. Op die sportterrein word ’n erewag opgestel en die polisie-orkes sal ook teenwoordig wees.
Plots ranging from R7 500 to R15 000: The Monte Christo township on the upper slopes of Paarl Mountain is being developed by the Owen Wiggins Trust Company Ltd., of Paarl as one of the most select residential areas at Paarl. The price of the plots range from R7 500 to R15 000. Houses here could cost anything up to R30 000.
SA toutrekrekord: Dit is nou bo alle twyfel vasgestel dat die toutrekspan van die Wes-Kaapse Gevangenisse ’n nuwe Suid-Afrikaanse toutrekrekord opgestel het. Tydens die Departement van Gevangenisse se atletiekkampioenskappe op Victor Verster het die A-span van Wes-Kaap (720kg) in ’n trek van 4 minute 16 sekondes oor ’n span van Transvaal geseëvier.




